CrimeNews

Kasselman fnuik moontlike veediefstal

By die kamp was die skape in twee groepe verdeel.

Kasselman Veiligheidsdienste het op 23 Januarie uitgegaan na ’n plaas naby Standerton na ’n alarm vanuit ’n skaapkamp.

Omdat dit baie gereën het, het hul vasgeval in die modder en verder te voet beweeg.

By die kamp was die skape in twee groepe verdeel.

Kasselman het na die kamphek beweeg waar hul vars skaapmis, asook twee stelle voetspore, gesien het.

Hul het stemme gehoor, maar was nie seker vanwaar die stemme gekom het nie.

Nadat hul in die dorp se rigting beweeg het, het hulle sowat 250m van die kamp twee skape gekry wat aan mekaar vasgemaak is.

Geen skape is weg nie.

Mnr. Fanie Rothman van Kasselman vermoed dat hul flitsligte die booswigte verjaag het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button