Me. Charmaine Lottering wat wortels in die gemeenskap het, staar ‘n bleek toekoms in die gesig.
‘n Gedeelte van haar been is in 2014 geamputeer en daar moet moontlik nog ‘n stuk verwyder word.
Haar ma, me. Christa Verwey, is ‘n jarelange inwoner van Standerton en haar broer, mnr. Hendrik Coetzee is betrokke by die Standerton DeKalb Rugbyklub. Me. Lottering was in Laerskool Standerton en het aan Hoërskool Standerton gematrikuleer.
Na skool het sy ‘n sekretariële kursus by die technikon gaan doen.
Sy was ‘n kranige sportvrou wat van kleintyd af netbal gespeel het, deel was van die trompoppies en ook ‘n ringtenniskampioen.
Die noodlot het ‘n ander plan in haar lewe gehad.
Sy het begin gevoel in haar voet verloor.
Sy was dokter toe en hul het agtergekom dat sy ‘n bloedklont het wat van haar bors na haar been skiet.
Die bloedklont het nie gereageer op behandeling nie en sy is na ‘n ander hospitaal vir verdere hulp verwys.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.






