CrimeNews

Mar-Peh bied beloning aan vir hulp

Hulle was Sondag en Maandag weer terug, maar die personeel was bedag.

‘n Dief het op Saterdag 30 Januarie tussen 10.45vm en 11.10vm ‘n geleentheid by Mar-Peh Medi-Care aangegryp.

Hy het slegs ingestap en gewag tot niemand naby is nie en die defibrilator asook ‘n rekenaarskerm gesteel.

Die booswig het homself in ‘n wagtende wit Volkswagen Polo met registrasienommer ND616651 uit die voete gemaak.

Hulle was Sondag en Maandag weer terug, maar die personeel was bedag.

Kasselman Veiligheidsdienste en Afriforum Buurtwag was dadelik op die toneel en het werk gemaak daarvan om te begin soek.

‘n Beloning van R10 000 sal gegee word indien iemand die defibrilator aan die hospitaal terugbesorg.

Die Standerton Polisie ondersoek tans die saak.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button