CrimeNews

Trichardt-misdaadsyfer daal met 41persent

Help die Gemeenskapspolisieforum (GPF) om die misdaadsyfer in Trichardt nog meer te laat daal.

Die Gemeenskapspolisieforum (GPF) van Trichardt het op 26 Januarie hul eerste vergadering vir die jaar gehou.

Daar is onder andere genoem dat 2015 se projekte groot verbeteringe te gebring het.

Die GPF het vullisverwydering onder die aandag van die Govan Mbeki Munisipaliteit gebring en die raad verwyder nou meer gereeld vullis, veral in die besigheidsgebiede.

Die GPF het ook begin om die strate van Trichardt te patroleer wat vir groot sukses in die bekamping van diefstal en inbrake gesorg het.

Hoewel die GPF hul bes probeer om almal in die buurt veiliger te laat voel, het hulle steeds lede nodig om te help om die buurt te patroleer.

“Hoe meer mense bereid is om te patroleer, hoe groter sal die sukses wees om misdaadsyfers laat afneem,” het mnr. Mr Bernard Liebenberg, ondervoorsitter van Trichardt GPF, gesê.

Trichardt se misdaadsyfer het met 41 persent gedaal sedert die GPF die buurt begin patroleer het en almal saamwerk.

Volgens konst. Valencia Koma, skakelbeampte van die Trichardt Polisiestasie, is daggahandel ’n groot bekommernis en die polisie vra die publiek se samewerking om enige vorm van daggahandel by die polisiestasie aan te meld.

Indien enige iemand bereid is om te help om misdadigers vas te vat of probleme ondervind, skakel die GPF by 081 877 0333.

Die volgende vergadering is op 23 Februarie by Trichardt Polisiestasie en begin om 6nm.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

WhatsApp – 0793644185

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button