Mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, het op 8 Februarie ’n oproep ontvang dat die pompstasie in Johannstraat nie werk nie.
Die distribusiebord van die pomp het heeltemal uitgebrand.
Mnr. Coetzer het dit aan die munisipale bestuurder, mnr. Linda Tshabalala, deurgegee.
Terwyl hul daar gewag het, het hul twee mans gesien wat nette in die water sit aan die ander kant van die rivier.
Teen die tyd wat hul by die plek uitgekom het, was die twee reeds ’n ent weg met ’n bootjie en mnr. Coetzer en sy span kon hul nie betyds inhaal nie.
Hulle het die twee se nette verwyder en die mans se planne verydel.
Kasselman Veiligheidsdienste was saam met mnr. Coetzer op die toneel.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805




