Telkom het in die afgelope twee weke al meer as R400 000 se skade opgedoen.
Diewe het op 7 Februarie weer die kabels gesteel nadat dit skaars ’n week gelede vervang is.
Volgens ’n betroubare bron het die kwaaddoeners die kabels op die brug gesteel.
Die sement is oopgekap om by die kabels uit te kom.
Die kabels is geknip en uitgetrek.
Dit is sowat R200 000 se skade, net soos die vorige keer.
Volgens die bron kry die booswigte sowat R5 000 vir die gesteelde kabels.
’n Saak is by die Standerton Polisie oopgemaak.
Slegs inwoners van Meyerville word deur die diefstal geraak.
Telkom sal spoedig die kabels vervang.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


