’n Nasionale veiligheidsmaatskappy het die volgende wenke om diefstal by ’n OTM hok te slaan.
• As jy per motor na die OTM ry, sluit jou kar wanneer jy die transaksie afhandel.
Hou egter jou sleutels byderhand om dadelik weer in jou voertuig te klim.
• Wees bedag op jou omgewing soos byvoorbeeld twee of meer persone in ’n ander voertuig, veral as niemand die masjen gebruik nie of ’n persoon wat ronddrentel.
• Moet nooit by ’n swakbeligte OTM bank nie.
• Wanneer jy die OTM gebruik en iemand is nader aan jou as wat jy van hou, vra hom/haar om terug te tree.
Indien nie, is dit beter om die transaksie te kanselleer en in jou motor, wat gesluit is, te wag totdat die persoon sake afgehandel het.
Jy kan selfs oorweeg om ’n ander OTM te gebruik.
• As jy genoodsaak is om die OTM in die aand te gebruik, vra ’n vriend om jou te vergesel.
Baie OTM-diefstal vind tussen middernag en 6vm plaas.
• Moet nooit jou pinnommer op die OTM-kaart skryf nie.
• Meld enige misdaad by die plaaslike polisie en jou finansiële instelling aan.


