CrimeNews

Booswigte bedrywig

’n Saak van diefstal is oopgemaak.

Mnr. Derrick Haskins van Kasselman Veiligheidsdienste het op 29 Februarie sy gewone patrollieroete gery.

Hy het ’n man gewaar wat met n plasmatelevisie rondloop.

Mnr. Haskins het gesien dat iets nie pluis is nie en toe hy wou ondersoek instel, het die man begin hardloop.

Die booswig het die televisie tussen die gras probeer wegsteek, maar mnr. Haskins het die televisie opgespoor.

Mnr. Haskins het hom vasgetrek en die Standerton Polisie het hom in hegtenis geneem.

’n Saak van diefstal is oopgemaak.

Inwoners van Geelhoutsingel in Florapark was nie so gelukkig nie.

Twee diewe het vroeg op 2 Maart kans gesien om twee televisies by twee verskillende huise te buit.

Kasselman Veiligheidsdienste was op albei tonele waar die skurke met die diefwering gepeuter het om toegang te verkry.

Die diewe was suksesvol en die televisies word vermis.

By ’n ander adres, ook in Geelhoutsingel, het skurke die diefwering oopgebuig, maar niks word vermis nie.

Die booswigte het op 2 Maart deur die venster toegang verkry. (Foto: William Haskins)
Die booswigte het op 2 Maart deur die venster toegang verkry. (Foto: William Haskins)

 

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button