CrimeNews

Motoris wat man op rolstoel omry op borgtog vrygestel

Die saak is op 27 Februarie oopgemaak na mnr. Zondo dood verklaar is.

Mnr. Timothy Zondo wat in ’n rolstoel gekluister was,  is onlangs deur ’n motoris omgery en het weens sy beserings gesterf.

Volgens inligting is mnr. Zondo op 27 Februarie raakgery.

Die man wat hom raakgery het en ook teen ’n paal gebots het, het gewag vir die ambulans om mnr. Zondo te kom haal.

Die ambulans het mnr. Zondo na die Standerton Hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Die saak is op 27 Februarie oopgemaak na mnr. Zondo dood verklaar is.

Die man het later die dag na die Sakhile Polisiestasie gegaan om hulle in kennis te stel van wat gebeur het.

Hy is daar in hegtenis geneem en het op 29 Februarie in die Standerton Landdroshof verskyn, maar is op borg vrygestel en die saak is uitgestel.

 

Lees ook: Man op rolstoel deur motoris omgery, sterf in hospitaal

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button