Local newsNews

Onderwyseres, digter en musikant

’n Jong onderwyseres van Bethal met vele talente het skryfkuns en musiek gebruik om haar moeilike tienerjare te oorkom. Van haar werk is reeds gepubliseer.

’n Jong onderwyseres van Bethal, me. Jolene Shephard, het haar talent in skryfkuns en musiek gebruik om haar moeilike tienerjare te oorkom.

“Ek het begin om kort stories en gedigte te skryf toe ek 13 jaar oud was.

“Dit was net na my ouma se dood en van daar af het ek nog nooit weer ophou skryf nie.”

“Ek is geïnteresseerd in jeugbediening en berading en wil graag daardie droom nastreef.

“Ek is lief daarvoor om meestal gedigte te skryf en kitaarlesse in my vrye tyd te gee,” het sy vertel.

Me. Shephard het gesê dat sy meestal gedigte skryf en wanneer sy baie geïnspireerd is, sal sy liedjies ook skryf.

Hoewel poësie haar eerste liefde is, werk sy tans aan ’n paar kortverhale.

“Die lewe self en alles wat mens deurmaak is inspirerend.

“Alles wat jy ervaar in die lewe, mense wat jy ontmoet, hulle almal neem hul rol in, in gedigte iewers langs die pad.

“Ek het ook baie deurgemaak gedurende moeilike tye in my lewe en ek dink dit is waar my ware inspirasie vandaan kom.”

Die grootste inspirasie vir haar is egter om te weet dat dit die hart van die leser sal aanraak en self ook daarmee kan assosieer.

Poësie moet nie net betrekking op die emosies van die leser hê nie, maar ook aanmoedig om genesing en herstel van hul eie werklikheid te deel.

“Ek skryf oor die lewe, verlies, depressie en wat beter in Engels beskryf word as “self mutilation”.

“Dit was ’n ware stryd vir my deur my tienerjare en hoewel ek dit oorwin het, het ek vasgeklou aan hierdie temas soos die jare verbygegaan het.

“Ek weet van my gedigte praat met mense en dit is my spesifieke doel.”

Van haar skryfwerk is reeds gepubliseer in die boek, “Dissekteer die reënboog”.

“’n Vriendin van my het die uitgewers van my werk vertel.

“Meer as een digter se werk is in die boek gepubliseer.

“Ek het my gedigte vir hulle gestuur en hulle was gek daaroor.

“Dit is ’n voorreg dat my werk gepubliseer kon word.”

Me. Shephard is tans besig om aan haar eie bundel te werk, wat sy hoop om voor die einde van die jaar te voltooi.

Die intrige sal ’n ontploffing van emosies wees en sy hoop dat sy baie lesers met haar werk sal kan bereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button