CrimeNews

Man ry deur heining en jaag weg

Die Standerton Polisie was vinnig op die toneel.

’n Jong man het op 12 Maart deur inwoners in Impalastraat in Kosmospark se heining gery.

Volgens ooggetuies het hy te vinnig gery en toe hy om die draai is, het hy beheer oor sy voertuig verloor.

Hy het van die toneel weggejaag.

Die twee ooggetuies was agterna en het die bakkie gevolg om ’n registrasienommer te kry.

Die Standerton Polisie was vinnig op die toneel.

Die ooggetuies het die polisie na die bakkie geneem.

Die man is in hegtenis geneem omdat hy die toneel verlaat het.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button