Booswigte het vroegoggend ’n sekuriteitswag by Botes Vervoer vasgebind en ’n vragmotor gesteel.
Die wag het losgekom en hulp by die wag by Toga Linings gaan verkry.
Volgens die wag was daar ’n voertuig in die skuur, maar hy kon nie uitmaak watter soort voertuig dit is nie.

Kasselman Veiligheidsdienste was op die toneel waar hulle agtergekom het dat ’n vragmotor vermis word.
Die vragmotor het ’n opspoortoestel in en dit is in Meyerton terruggevind.
Lees meer hieroor in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


