CrimeNews

Bestuurder hardloop glo weg na ongeluk

Die Chevrolet het in ’n nabygeleë veld tot stilstand gekom.

Twee voertuie was op 21 Maart in ’n kop-teen-kop-botsing betrokke.

Die bestuurder van ’n Wit Chevrolet bakkie het voor ’n Toyota Land Cruiser ingery toe hy vermoedelik die stopteken verontagsaam het.

Die twee voertuie het gebots en die Land Cruiser het teen ’n boom tot stilstand gekom.

Die Chevrolet het in ’n nabygeleë veld tot stilstand gekom.

Die bestuurder van die Chevrolet het na die ongeluk weggehardloop.

Jeria Ambulansdienste, die brandweer en die Standerton Polisie was op die toneel.

Daar word steeds na die bestuurder gesoek en die Standerton Polisie ondersoek die saak.

Niemand is ernstig beseer nie, maar is vir ligte beserings ondersoek en behandel.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button