Baie diewe en misdadigers neem die kans waar om gedurende kragonderbrekings toe te slaan omdat chaos, donkerte en gebrek aan beskerming grotendeels voorkom.
• Diegene met veiligheidstelsels moet weet hoe dit tydens kragonderbrekings funksioneer. Baie van die beste stelsels, wat meeste sellulêre huisveiligheidstelsels insluit, bied batteryvoordele wat ’n stelsel toe sal laat om te werk.
Huiseienaars wat onseker oor die alarmstelsel se funksies is, kan gerus die maatskappy skakel met enige vrae.
Sou ’n battery in werking begin tree, mag dit ook dalk net vir ’n paar ure wees.
• ’n Aantal battery-aangedrewe veiligheidsopsies kan by die bestaande huis gevoeg word vir bykomende veiligheid soos battery-aangedrewe alarms en sensors.
• Moet nooit kragopwekkers, kampstofies of houtskoolbraaiers binne ’n huis gebruik nie.
In ’n koue en donker huis mag dit aanloklik voorkom, maar dit is ’n vuur- sowel as koolstofmonoksiedrisiko.
• Oorweeg sonpanele vir veiligheidsligte buite. Een van die hoofredes waarom misdadigers tydens kragonderbrekings toeslaan, is omdat die donker die ideale scenario bied.
Bron: https://www.prweb.com/releases/home-security-tips/power-outage-safety-tips/prweb10313389.htm


