
UPVOLG
TRICHARDT – Die rede vir die skietery gisteraand waartydens ‘n man en vrou dood is, is nog nie bekend gemaak nie.
Die plaaslike polisie sê hulle kan eers more verdere inligting gee wanneer die skakelbeampte weer op kantoor is.
Dit blyk egter dat die skietery tydens huishoudelike geweld plaasgevind het.Die name van die oorledenes is aan die Ridge Times bekend, maar dit kan nog nie bekendmaak word voordat bevestiging van die polisie verkry is nie.
TRICHARDT – Die Ridge Times het pas gehoor dat ‘n man en vrou tydens ‘n skietery dood is.
Na wat verneem word het hulle op mekaar geskiet.
Die polisie en nooddienste is op die toneel, maak kan nog nie meer inligting verskaf nie.
Die polisiewoordvoerder is ook glo ook eers more beskikbaar.


