CrimeNews

Buurtwag bespreek lede se rol by misdaad- en ongelukstonele

Die sektorleiers en voorsitter is in beheer by die toneel.

AfriForum Buurtwag het op 30 Maart hul maandelikse vergadering gehad.

Mnr. Bronwen Pretorius, voorsitter, het met die lede gepraat oor hul rol by misdaad- en ongelukstonele.

Die sektorleiers en voorsitter is in beheer by die toneel.

Wanneer die owerhede by die toneel aankom, moet die toneel oorgegee word aan hulle en die lede moet almal met respek behandel.

Enige voorval moet dadelik by mnr. Pretorius aangemeld word.

Alle medianavrae moet deur die voorsitter hanteer word asook alle inligting en foto’s wat verskaf word.

Die buurtwag patrolleer slegs op die dorp en sal slegs na plase uitgaan wanneer die bestuur dit so versoek.

Die aantal lede wat in Maart gery het, het met 10 lede in vergelyking met Februarie verhoog.

Altesaam 27 lede het 47 patrollies in Februarie gery waar in Maart 37 lede 88 patrollies gery het.

AfriForum het met 37 voorvalle op die dorp bystand verleen.

Volgens mnr. Pretorius is hul bly om te sien dat die samewerking tussen AfriForum en die owerhede verbeter.

Glimbaadjies en magnete sal teen ’n prys aan nuwe lede gegee word.

Die buurtwag het ’n nuwe embleem wat hul graag op almal se glimbaadjies wil sit.

Lede met vuurwapens moet dit te alle tye weggesteek hou.

Vuurwapens is slegs vir selfverdediging.

Mnr. Gert Lottering en me. Anastasia Dansey het die meeste patrollies gedurende Maart gery.

Mnr. Pretorius het alle lede wat gedurende die Paasnaweek gehelp het, bedank.

Die volgende vergadering sal op 27 April by die Guest House plaasvind.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button