Booswigte het op 10 April by Standerton Herwinning ingebreek.
Volgens Kasselman Veiligheidsdienste het die diewe toegang deur gebuigde sinke verkry.
Die veiligheidshek is ook oopgebreek.
Die misdadigers het ’n skoot deur die venster na die sekuriteitswag geskiet.
Na hul toegang tot die wagkamer verkry het, het hul die wag vasgebind.

Hul het ’n televisie gesteel.
Die sekuriteitswag het die inbrekers as een kort en een lank beskryf.
Volgens die wag het hul met ’n wit Toyota Hilux gery.
Kasselman vermoed dat die vuurwapen wat gebruik is op 25 Maart in ’n huisbraak gesteel is.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


