Booswigte het op 12 April ’n 51” televisie ryker geword na ’n inbraak in Hawthornestraat, Meyerville.
Mnr. Derick Haskins van Kasselman Veiligheidsdienste is ontbied nadat die eienaar die beheerkamer in kennis gestel het dat hul televisie vermis word.
Hy het uitgegaan en op ’n stukkende deur afgekom.
Die inbrekers het die agterdeur oopgebreek om toegang te verkry.
Mnr. Haskins het werkers oorkant die straat, wat al ’n week konstruksiewerk doen, gevra of hul enige iets gesien het, maar hul het niks gewaar nie.
Volgens mnr. Jannie Kasselman het dit tussen 8vm en 3nm plaasgevind.
Die Standerton Polisie was ook op die toneel en ’n saak van huisinbraak is oopgemaak.
Die polisie ondersoek tans die saak.


