Drie booswigte is sowat ’n uur gelede in hegtenis geneem.
Volgens mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste het dié drie ’n huis op die hoek van Paarl- en Krugerstraat beroof.
Die diewe het gemaak of hul die huis wil koop.
Die bediende het geweier dat hul inkom, maar sy is verseker dat die eienaar bewus was daarvan.
Na hul toegang tot die huis verkry het, het hul verskeie goedere gesteel en in ’n wit Volkswagen Golf gevlug.
’n Boer, wat gestroop het, het die voertuig op die R50 gewaar na Kasselman almal ingelig het om op die uitkyk te wees.
Die Leandra Polisie en verskeie boere het die voertuig van voor genader terwyl Kasselman agter die voertuig was.
Hul is vasgetrek en die gesteelde goedere is teruggevind.



