’n Plaaslike onderneming in die industriële gebied is op 14 April beroof.
Volgens mnr. Gideon Ras van Kasselman Veiligheidsdienste is hul in kennis gestel dat iets nie pluis is by die onderneming nie.
Die kwaaddoeners het die veiligheidshek oopgebreek om toegang te verkry.
Rekenaarskerms en selfone is gesteel.
Die Standerton Polisie was saam met Kasselman Veiligheidsdienste op die toneel waar ’n saak van inbraak oopgemaak is.
Die polisie ondersoek tans die saak.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205


