Local newsNews

Bejaardes moet gereeld oefen

Versterkingsoefeninge help om beendigtheid te bevorder en soepelheidsoefeninge help met beweeglikheid en die bevegting van onder andere rumatiek.

SECUNDA – Me. Minette Schneider, ’n plaaslike biokinetikus, het senior burgers toegespreek tydens ’n onlangse Golden Oldies-samekoms by die N.G. Rondekerk.

Sy het verduidelik wat die rol van ’n biokinetikus is en hoe hulle in samewerking met doktors en fisioterapeute rehabilitasiewerk doen, byvoorbeeld na heup- en knievervangings.

Me. Schneider het die belangrikheid van fiks bly beklemtoon, veral vir ouer mense, en die drie hoofsoorte oefeninge verduidelik.

Volgens me. Schneider is gereelde ligte kardiovaskulêre oefening goed vir die beheer van cholesterolvlakke en hoë bloeddruk.

Versterkingsoefeninge help om beendigtheid te bevorder en soepelheidsoefeninge help met beweeglikheid en die bevegting van onder andere rumatiek.

Alle vorms van fisiese oefening verminder inflamasie en bevorder sirkulasie.

Sy het dit egter duidelik gemaak dat mense met beserings of wat nog na ’n mediese prosedure herstel, versigtig moet wees as dit kom by oefen.

Om “deur die pyn te werk” tel volgens haar nie in die veld van biokinetika nie.

Gewrigpyn is ’n aanduiding dat die gewrig ongesond is of dat die oefening verkeerd gedoen word.

As deel van haar demonstrasie, het sy eenvoudige oefenprogramme uitgedeel saam met oefenrekke wat gebruik kan word vir versterkings en soepelheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button