CrimeNews

GPF Secunda hou massavergadering

Die GPF het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om betrokke te raak.

SECUNDA – Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het ’n vergadering gehou wat al die sektors van Secunda betrek het.

Dit het op 5 Mei by die Ankergemeente in Pongolastraat plaasgevind.

Mnr. Bion Wright, voorsitter, het gesê dat daar ’n afname in misdaad oor die laaste twee maande was.

Die persentasie huisbrake het in die algemeen afgeneem.

“Swak beligting en huisnommers wat nie duidelik sigbaar is nie, maak dit egter vir die GPF baie moeilik om by tonele uit te kom.

“Inwoners moet asseblief daarop let dat hul buiteligte aan is en straatnommers duidelik is, veral saans.”

Die grootste probleem tans is mense wat waardevolle items, soos rekenaars en kameras, in hul voertuie los.

Dit lok misdadigers, veral in parkeergebiede.

Mnr. Wright het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om by die GPF aan te sluit.

“Hoe meer oë en ore ons het, hoe beter kan misdaad bekamp word,” het mnr. Wright gesê.

Skakel hom by 082 958 4096.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button