Die stortingsterrein het ’n onaangename verrassing op 10 Mei opgelewer waar vertroulikheid van mediese inligting geskaad is wat verreikende gevolge kan hê.
’n Vrou het omstreeks 12.10vm gaan tuinvullis aflaai en gesien hoe ’n staatsvoertuig na bewering daar gestop het.
Die mense en vodderapers by die terrein het alles laat vaar en op die voertuig toegesak.

Volgens haar weergawe van gebeure het, twee staatsamptenare die bak van die bakkie oopgemaak en het ’n groot hoeveelheid klinieklêers die aandag opgeëis.
“Die mense het voorskrifkaarte, oorspronklike kliniekkaarte en geboortesertifikate uit die lêers verwyder en die res weggegooi,” het die bron gesê.
Sien die volledige berig in volgende week se uitgawe van die Standerton Advertiser.


