EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Maak gereed vir vanjaar se Swartgoudfees

Is jy die volgende meneer of mejuffrou Swartgoud?

KRIEL – Die Swartgoudfees is om die draai en gaan sorg vir groot vermaak.

Maak seker dat jy Kriel op 3 en 4 Junie besoek.

Feesgangers kan uitsien na ’n groot verskeidenheid stalletjies, kinderpret en bekende sangers wat gaan optree.

Chantelle, Stephen Curlewis, Elvis se seun, Joe Foster, Lloyd Cele en Thys die Bosveldklong gaan feesgangers vermaak.

Modelle kan reg maak vir die Mnr., Mej. en Mev. Swartgoudkompetisies.

Saam kuier in die biertuin is ook op die agenda en die rugby sal op ’n groot skerm gewys word.

Die polisie gaan ’n hondevertoning aanbied en die polisie-orkes gaan ook optree.

Motorskou-aanhangers kan groot pryse wen en motorfietsklubs kan aan die motorfietsspeletjiekompetisie deelneem.

Kinders kan die plesierritte, asook hope ander pret geniet.

Toegang vir volwassenes is R50, vir seniorburgers R25, laerskoolkinders R25 en voorskoolse kinders gaan gratis in.

Die fees word op Laerskool Krielpark se sportterrein aangebied.

Vir meer inligting, stuur ’n epos na swartgoud@vodamail.co.za.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button