CrimeNews

Vertroulikheid geskend (opvolg)

’n Staatsvoertuig het op 10 Mei na bewering daar gestop en is deur ’n vrou gesien wat tuinvullis gaan aflaai het.

Die kwessie rondom mediese inligting wat op die plaaslike stortingsterrein beland het, is nog nie afgehandel nie.

Die Standerton Advertiser het op 20 Mei berig oor dié voorval.

’n Staatsvoertuig het op 10 Mei na bewering daar gestop en is deur ’n vrou gesien wat tuinvullis gaan aflaai het.

Die mense en vodderapers het op die voertuig toegesak en volgens haar is ’n groot aantal klinieklêers se inhoud verwyder wat voorskrifkaarte, oorspronklike kliniekkaarte en geboortesertifikate ingesluit het.

Die lêers, vermoedelik afkomstig van Sakhile, was glo nie veronderstel om na die stortingsterrein te gaan nie nadat na ’n nuwe liasseerstelsel oorgeskakel is.

Lees die volledige berig in volgende week se uitgawe van die Standerton Advertiser.

LEES OOK:

Pasiëntvertroulikheid moontlik geskaad

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button