Local newsNews

Tannie Elsie sterf

Volgens Susan het sy in weerwil van pyn nog steeds die goedversorgde vrou gebly met oorbelle en ’n tikkie parfuum wat aangesit is.

Tannie Elsie Botes (83) is verlede Dinsdag oorlede.

Dié jarelange inwoner van Standerton het by hul woonstel inmekaargesak en is in Mar-Peh Kliniek die vorige Vrydag opgeneem.

Volgens oom Sarel, haar eggenoot, moes sy plakkertjies teen pyn teen die einde gebruik omdat sy nie pynpille kon drink nie.

’n Plastiese hartklep is sowat 30 jaar gelede vir haar ingesit wat nie haar lewenslus gedemp het nie.

“Ek het haar nooit hoor sê dit gaan nie goed nie,” het haar seun, Robert, gesê.

Sowel haar dogter, Susan, en Robert onthou by uitstek haar kookvernuf en haar ingenomendheid as almal tweede skeppies vra.

Haar humorsin was eiesoortig en sy kon in elke situasie iets snaaks sien.

“Ek onthou die ‘sparkle’ in haar oë,” het Susan gesê.

Haar jongste seun, Freek, het sy verlies met ’n gedig op Facebook gedeel.

Volgens Susan het sy in weerwil van pyn nog steeds die goedversorgde vrou gebly met oorbelle en ’n tikkie parfuum wat aangesit is.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button