Drie verdagtes het hulle op 28 Junie teen die lang arm van die gereg vasgeloop.
Die verkeersafdeling het vroegoggend ’n wit Volkswagen Golf in Impalastraat gesien en onraad vermoed.
Hulle het die voertuig afgetrek en drie mans het uitgespring en is kort daarna by ’n spruitjie in hegtenis geneem.
Mnr. Gideon Ras van Kasselman Veiligheidsdienste is na die toetsgrond van die verkeersafdeling ontbied waar sportsakke, met klerasie en kruideniersware in, in die motor gekry is.
Met die terugkeer na Impalastraat is nog drie sakke in ’n stormwaterpyp gevind.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


