CrimeNewsUpdateBreaking News

OPVOLG – Secunda-vrou word steeds vermis

Bella word steeds vermis.

OPVOLG – SECUNDA – Me. Isabel (Bella) Koekemoer wat sedert Vrydagaand, 1 Julie vermis is, word steeds gesoek.

Daar is nog geen verdere inligting nie en ’n leidraad dat sy moontlik in Pretoria mag wees, het doodgeloop.

Lede van die Gemeenskapspolisieforum het Maandag, 2 Julie by die Eendedam bymekaar gekom om ’n soektog te loods.

Me. Martie van Zyl, ’n familielid, het op Facebook vir haar geskryf:  “Bella as jy die boodskap kan sien, en dit is moontlik, nooi, kontak ons.

“Ons bid God sal Sy Beskermde Hande oor jou hou en jou veilig bewaar.”

Haar familie en vriende is baie bekommerd en vra weer dat indien enige iemand iets weet, hulle die naaste polisiestasie sal kontak of André by 082 467 1017 of 082 340 0985.

 

 

_______________________________________________________________________________

SECUNDA – Me. Isabel (Bella) Koekemoer is Vrydagaand, 1 Julie laas op Secunda gesien.

Sy is blykbaar genooi om saam met iemand te gaan braai, maar volgens familie kan niemand die braai bevestig nie.

Me. Koekemoer het ook nie gesê waar die braai sou wees nie.

Die voertuig waarmee sy ry, is ’n goudkleurige Bantambakkie 1.3 XLI.

Dit het ’n wit ‘canopy’ op met ’n plakker aan weerskante wat lees: “Gordons Bay Cape Town we care”.

Die bakkie se registrasienommer is DSV409MP.

‘n Saak is reeds by die polisie geopen en enige iemand met inligting, moet asseblief die Secunda Polisiestasie of die naaste polisiestasie waar sy gewaar is, skakel of skakel André by 082 467 1017 of 082 340 0985.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button