CrimeNews

Inwoner vasgebind in Kosmospark

Twee plasma-televsies en ander eiendom is gebuit

Twee booswigte, gewapen met ’n mes, het onlangs ’n inwoner van Oribistraat in Kosmospark vasgebind.

Twee plasma-televisies en ander eiendom is gebuit.

’n Kasselman veiligheidswag op patrollie het die diewe met die gesteelde items gewaar.

Hulle het die televisies, een in ’n kombers toegevou en die ander in beddegoed, gedra en was ook in besit van ander items.

Die skurke het op die vlug geslaan toe hulle die Kasselman-voertuig sien en het die gesteelde eiendom op die grond laat lê.

Die wag en die Standerton Polisie het tevergeefs probeer om hulle vas te trek.

Al die gesteelde goedere is teruggevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button