Local newsNews

Gemeenskap bloei om tronkvoëls vry te laat

Die Teksa SANBS het baie moeite gedoen om die dag vir elkeen wat deelgeneem het spesiaal te maak.

SECUNDA – Teksa Bloeddiens het op 9 Julie ’n tronkvoëldag aangebied waartydens verskeie lede van die skenkerskomitee en die gemeenskap in die “tronk toegesluit” is.

Die “tronk” was een van die tak se vertrekke en het tralies gehad.

Die gevangenes het bordjies om hul nekke gedra.

Mense moes 10 of meer eenhede bloed per gevangene skenk voordat iemand vrygelaat kon word.

Lede van die Sektor 3 GPF het stalletjies gehad waar worsrolle en pannekoeke verkoop is.

Mnr. Chris de Nero het vir die vermaak gesorg.

Me. Dot Prinsloo, skakelbeampte van Teksa Bloeddiens, het gesê dat die dag suksesvol was.

“Die dag was goed beplan en selfs die plaaslike motorfietsklubs het hul deel gedoen om vir me. Michele Coetzee, kankeroorwinnaar, uit die tronk vry te laat.

Daar is ’n totaal van 53 eenhede bloed ingesamel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button