Local newsNews

Insiminasie is ’n realiteit

Vrou is tans ongetroud en het besluit dat sy graag ’n kind wil hê. Te danke aan insiminasie verwag sy nou ’n seuntjie wat op 24 Augustus gebore behoort te word.

SECUNDA – Me. Lisa Posthumus wou kinders gehad het vandat sy onthou.

Sy is tans ongetroud en het besluit dat sy graag ’n kind wil hê.

Te danke aan insiminasie, verwag sy nou ’n seuntjie wat op 24 Augustus gebore behoort te word.

Dié seuntjie se naam is nog ’n geheim en me. Posthumus hou dit as ’n verrassing vir almal.

Haar oupagrootjie is 88 jaar oud en gaan ook spesiaal vir die kind se geboorte deurkom.

“Ek het al ’n hele paar jaar daaraan gedink om insiminasie te kry.

“Ek het dit aan my ouers genoem en hulle het ingestem dat dit die regte besluit sou wees.

“Ondersteuning van my ouers, suster en van alle kante af het ingestroom,” het me. Posthumus vertel.

Almal wil weet wat die proses was wat sy gevolg het.

Me. Posthumus het op 9 en 10 Desember vir insiminasie in Johannesburg gegaan.

Omdat sy die POCS-sindroom het, het sy gedink dat sy dalk nie swanger sou raak nie.

“Daar is baie vroue wat dink dat hulle nooit sal kan swanger raak nie weens dié sindroom.

“’n Mens moet probeer en insiminasie is ’n baie goeie en veilige opsie.

“In die tyd dat ek vir insiminasie gegaan het, was daar 104 ander vroue wat ook vir dieselfde prosedure gegaan het.

“Van al dié vroue was ek die derde persoon wat die eerste keer swanger geraak het na die eerste insiminasie.

“Ek het my hele lewe lank al daarvoor gebid en nou het my droom waar geword.

“Ek weet nie wat die toekoms inhou nie en sal graag nog ’n kind wil hê, al is dit weer deur insiminasie,” het me. Posthumus vertel.

Elke profiel waarvan sy kon kies, was bykans 15 bladsye lank.

Alles van A to Z is in dié profiel opgeteken.

Die geskiedenis van die skenker se gesondheid word sover as tot die grootouers opgeteken.

Me. Posthumus was aangetrokke tot haar skenker se haar en kleur oë, sowel as sy lengte.

Sy het al op die Internet na dié spesifieke profiel begin kyk.

Me. Posthumus wil hê dat mense moet weet dat daar baie verskillende opsies is om kinders te kan hê en dat mense nie net in die ou maniere moet vaskyk nie.

“Ek wil dankie sê vir my ouers, suster en familie wat my van dag een af ondersteun het,” het me. Posthumus gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button