CrimeNews

Twee plasma-televisies gesteel

Die televisies is teruggevind

Twee plasma-televisies is onlangs in Wilgestraat 8 en 9 in Florapark gesteel.

In eersgenoemde geval is die deur gebreek om toegang te verkry en die veiligheidstralies is in die tweede voorval gebuig.

Volgens Kasselman Veiligheidsdienste het die inwoners in albei huise geslaap toe die voorvalle plaasgevind het.

Hulle het gesê dat hulle niks gehoor het nie en eers die volgende oggend die diefstal opgemerk het.

Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die televisies is egter teruggevind.

Die gebuigde veiligheidstralies. Foto: Kasselman whatsapp group
Die gebuigde veiligheidstralies. Foto: Kasselman whatsapp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button