CrimeNews

Eskom waarsku oor bedrogspul

Eskom het ’n waarskuwing uitgestuur op Saterdag, 6 Augustus oor ’n swendelary waar bedrieërs voorgee om van Eskom te wees en aanvoer dat hul bankrekening na Nedbank verskuif is en dan die bankbesonderhede verskaf.

Die publiek word gevra om bedag te wees oor ’n nuwe bedrogspul wat kop uitsteek.

Eskom het ’n waarskuwing uitgestuur op Saterdag, 6 Augustus oor ’n swendelary waar bedrieërs voorgee om van Eskom te wees en aanvoer dat hul bankrekening na Nedbank verskuif is en dan die bankbesonderhede verskaf.

Briewe, fakse, en e-posse wat die Eskom-logo bevat en ’n vervalste handtekening van Eskom se Groep Uitvoerende Hoof, mnr. Brian Molefe, word aan die publiek gestuur.

Neem kennis dat Eskom nie ’n bankrekening by Nedbank het nie en dat hulle nie op so ’n manier ’n kennisgewing sal verskaf nie.

Lees meer hieroor in volgende week se Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button