EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Vroue van Kaalspruit-tak woon Mpumalanga-kongres by

Amoré Bekker van RSG-faam het gepraat oor “Pak dit aan met Passie” wat goed behandel is.

Die Vroue Landbou-unie se onlangse Mpumalanga-kongres by Numbi Hotel, Hazyview is deur me. Charlotte Jacobs, afgevaardigde, en me. Marietjie Swart van die Kaalspruit-tak bygewoon.

Me. Jacobs se kreatief versierde tekkies het ’n derde plek behaal.

Amoré Bekker van RSG-faam het gepraat oor “Pak dit aan met Passie” wat goed behandel is.

Margaret Janeke, skrywer, het die onderwerp van ’n keuse teen verslawing aangeraak wat die vroue aangrypend en hartroerend beleef het.

Volgens me. Swart was die aand se dinee puik met Jannie Moolman wat as gaskunstenaar opgetree het en die gehoor het sy sang pragtig en prettig ondervind.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button