AfriForum knap Voetspore Monument op
Dié monument het ’n ryke geskiedenis, hoewel dit met kwaadwillige gerugte deurspek met onwaarhede gepaardgaan.
AfriForum Jeug Standerton-tak het onlangs ’n erfenisprojek op die dorp geloods en die Voetspore Monument op die Morgenzon-pad opgeknap.
Dié monument het ’n ryke geskiedenis, hoewel dit met kwaadwillige gerugte deurspek met onwaarhede gepaardgaan.
Die gewildste is dat wyle mnr. Daniel Erasmus glo die Here gevloek het na ’n verlengde droogtetydpderk op sy plaas waarna hy deur ’n weerligstraal uit die hemele gedood is.
Sy voetspore was ingebed in die Hoëveldgrond en jare na sy dood steeds sigbaar gewees.
Deur die jare het die spore verdwyn en al wat oorgebly het, is onvrugbare grond waar niks groei nie en ’n gedenksteen.
Die projek wat AfriForum aangepak het sluit die skoonmaak rondom dié monument, maar ook onderhoud van ander monumente op Standerton in.
Volgens mnr. Leon Enslin, voorsitter van die AfriForum-tak in Standerton, sal die projek in fases plaasvind.
Tydens die eerste fase is die gebied rondom die Voetspore Monument skoongemaak en die gras is gesny.
Die tak beplan ook om die monument op ’n gereelde basis in stand te hou.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.








