Local sport

Stoei-broers van Bethal neem in Egipte deel

Stoeiers van Unicor Stoeiklub presteer en gaan na Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap.

Twee broers van die Unicor Stoeiklub op Bethal, Sebastian en Theunis Nel, het vanaf einde April tot 1 Mei aan die Afrika Stoeikampioenskap in Egipte deelgeneem.

Sebastian het in die o20 Grieks-Romeinse afdeling deelgeneem en ’n brons medalje huis toe gebring terwyl Theunis moes onttrek van die kampioenskap weens ’n enkel-besering.

Dié twee broers het ook beide die Mpumalanga Stoeispan gehaal nadat hulle die proewe wat op 18 April plaasgevind het, geslaag het.

Ander stoeiers van die Unicor Stoeiklub op Bethal wat ook goed gevaar het in Grieks-Romeinse proewe en die Mpumalanga-span gehaal het, is Udo Dorfling (o11), Luhan Steenkamp (o11) en Wynand Prinsloo (o13).

Al dié stoeiers gaan op 30 Mei aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap in Pretoria deelneem en hul vaardighede wys.


Two boys dressed in south african track suits
Die twee broers van die Unicor Stoeiklub op Bethal, Theunis en Sebastiaan Nel, het vanaf die einde April tot begin Mei aan die Afrika Stoeikampioenskap in Egipte deelgeneem. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button