Standertonners durf Kilimanjaro aan
Voorbereiding vir die tog sluit die fisiese sowel as geestelike in.
Om berg Kilimanjaro aan te durf verg mannemoed, maar vyf inwoners van Standerton deins nie terug vir die uitdaging nie.
Met ’n jaar se beplanning agter die rug sal mnre. Willie Koen, Dirk Viljoen, JT Eksteen, Hendrik Dippenaar en Cobus de Wet vanaf 11 tot 22 Oktober die hoogste berg in Afrika aandurf.
Dié datum is gekies om met ’n volmaan die bergspits teen die aand te bereik en heel bo die volgende dag ’n sonsopkoms te beleef.
Dié avonturiers het juis op die Machame-roete, een van die sewe amptelike roetes, besluit wat volgens Willie ’n groter kans op sukses bied.
Hulle sal die roetes oor sewe dae aanpak en nie ses nie, juis om die ekstra dag te benut om te akklimatiseer.
Voorbereiding vir die tog sluit die fisiese sowel as geestelike in.
Volgens Willie, wat aan die hoof van die organisering gestaan het, het die groep almal van 500km tot 600km se stap agter die blad.
Stapfiksheid kan egter nie as voorbereiding dien vir hoogtesiekte nie.
Lees meer oor hul voorbereiding en wat hul nog te sê gehad het in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



