Local newsNews

Gesin verloor als in brand

’n Huis in Piet Slabbertstraat op Secunda het verlede Dinsdagoggend afgebrand. Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

SECUNDA – Mnr. Tienie en me. Nelia dDe Jager het verlede Dinsdag om 11vm ’n oproep ontvang wat enige mens koud sal laat.

Mnr. De Jager het verduidelik: “Ek was by die hospitaal vir X-trale toe my een buurman my geskakel en gesê het my huis brand af.

“Ek het uitgehardloop en direk na my huis toe gery.

“Toe ons by die huis kom was, dit chaos – net vlamme en rook en mense oral.

“Ons bure het almal die brandweer en noodienste geskakel, so toe ek en my vrou by die huis kom was hulle reeds op die toneel en besig om die vuur te blus.”

Die oorsaak van die brand is nog onbekend en die roetine-ondersoek is nog nie afgehandel nie.

“Dit moes seker ’n kortsluiting gewees het, maar ek weet niks meer nie.

“Ek kan nie dink hoe die brand begin het nie.

“Die hele middelste vertrek is verwoes, maar die grootste skade was weens rook en water.

“Ons het alles verloor, ons meubels, klere en gordyne.

“My seun is in gr. 11 en hy het al sy skoolklere verloor, dit was vir ons ’n groot terugslag en hy is erg ontwrig deur die brand.”

Die De Jager-gesin is egter dankbaar vir die ondersteuning van die plaaslike gemeenskap.

“Van die begin af was die gemeenskap daar vir ons met kos, klere, gordyne, hulp, bystand en liefde.

“Ons het baie vriende op die dorp wat ons help, maar ons het ook soveel ontvang van mense wat ons nie eers ken nie.

“Alles is nog so rou, maar ons wil graag vir elke mens dankie sê wat ons op soveel verskillende maniere ondersteun het.

“Secunda-mense se harte is oop en ons is dankbaar.”

Mnr. De Jager en sy gesin is nog getraumatiseerd.

“Die skok is só groot.

“Mens moet nooit dink so iets kan nie met jou gebeur nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button