Selferkende filosoof en dromer, mnr. Michael van der Merwe (47), het besluit om ’n tog van 6 000 kilometers per fiets aan te pak in ’n poging om geld in te samel om vroue te bemagtig.
Mnr. Van der Merwe het op 17 Oktober op Standerton aangekom.
Hy het besluit om die bewusmakings- en insamelingveldtog te begin nadat hy die geweldige behoefte aan hulp vir vroue in nood in ons land geïdentifiseer het en magteloos gevoel het omdat hy nie finansieel self kan bydra om ’n volhoubare verskil in hul lewens te maak nie.
“Soveel vroue is vasgevang in baie moeilike omstandighede en die doel van die fietstoer is om genoeg geld in te samel sodat die vroue nie net tydelik gehelp kan word nie, maar dat hul bemagtig word om selfonderhoudend te wees, anders verval hulle net weer in dieselfde ongesonde omstandighede waarvan hul wil wegkom,” het hy gesê.
Belangstellendes kan hom volg op sy webblad “Michael’s Angels” om te sien presies watter dorpe hy gaan besoek en waar sy eindbestemmings sal wees.
Lees die volledige berig in volgende week se Standerton Advertiser.





