Local newsNews

Bethal VLU vier 88ste bestaansjaar

Vroue Landbou-Unie se Bethal-tak is reeds in 1928 gestig.

BETHAL – Die plaaslike Vroue Landbou-Unie-tak (VLU) het op Dinsdag, 18 Oktober dié tak se 88ste bestaansjaar gevier.

Dié tak is in 1928 gestig en die Hoëveldstreek se voorsitter, me. Annetjie de Beer, het die geleentheid bygewoon.

Bethal VLU-tak is ’n ondersteuningsnetwerk vir hul lede en probeer soveel as moontlik om die gemeenskap betrokke te hou.

Lede van die tak het besluit dat iemand in die gemeenskap vereer moet word wat ’n verandering op die dorp bring en daar is op me. Ingrid Human besluit.

“Me. Human is vanjaar as voorsitter van die AfriForum Bethal-tak gekies en mens sien haar gereeld waar sy self skouer aan die wiel sit.

“Daar is min vroue wat die waagmoed het wat sy het.

“Sy werk saam met die werkers terwyl hulle paaie herstel en is nie bang om ’n graaf of besem te neem en te help nie.

“Wat ook besonders is, is dat sy nie haar vroulikheid verloor nie,” het me. Esther Booysen, voorsitter van Bethal VLU, gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button