Local newsNews

Hond deur kragkabel doodgeskok

Bekommerde inwoners het vergeefs die munisipale hulplyn geskakel nadat hulle ’n dooie hond langs ’n los en lewendige munisipale kragkabel gevind het.

BETHAL – Bekommerde inwoners het vergeefs die munisipale hulplyn geskakel nadat hulle ’n dooie hond langs ’n los en lewendige munisipale kragkabel gevind het.

Hulle het dié kabel op Kersdag omstreeks 6.30nm in ’n parkie in Koedoestraat op die gras sien lê.

“’n Hond is doodgeskok.

“Later die aand is nóg ’n hond geskok, maar het gelukkig weggekom.

“Ons het aanhoudend die munisipaliteit probeer skakel.

“Eers kon hulle nie vir ons ’n verwysingsnommer gee nie en later het hulle glad nie meer die telefoon geantwoord nie,” het ’n inwoner vertel.

Die park word gereeld vir ontspanning gebruik en kinders speel ook daar.

Die munisipaliteit het glo vroeg die volgende oggend die kabel ontkoppel, maar niemand is seker of die kabel wel veilig is nie.

“Wat sal gebeur as ’n kind doodgeskok word?

“Die werkers wat hier was, het gesê dat hulle sou terugkom, maar niemand het tot nou toe opgedaag nie,” het nóg ‘n inwoner gesê.

“Volgende is dit dalk ’n kind.

“Dagvaar Govan Mbeki Munisipaliteit,” was iemand anders se kommentaar.

Inwoners het self die dooie hond verwyder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button