Local newsNews

Grobler-gesin van Bethal bly positief na ramp

Olyfbome, koring en weiding is vernietig maar, hulle kon die diere red.

BETHAL – Mnr. Willie en me. Ansie Grobler het met ’n swaar gemoed vanaf Bethal vertrek nadat hulle gehoor het die plaas waarop hulle ’n nuwe begin gaan maak, afgebrand het.

Hulle het verlede week nuus ontvang dat hul nuwe plaas op Stilbaai afgebrand het, terwyl hulle besig was om die vervoervragmotor op Bethal te pak.

Olyfbome, koring en weiding is vernietig, maar die diere kon gered word.

“Dit is ’n groot skok, maar ons gaan nie lê nie.

“Mense van die omgewing het ons baie ondersteun en hulp aangebied,” het mnr. Grobler gesê.

Me. Grobler het vertel: “Ons buurman het verskeie huise verloor, onder andere ’n gastehuis.

“Daar is ander boere in die omgewing wat werkers, diere en huise verloor het en duisende hektaar plase het afgebrand.

“Ons is dankbaar dat ons geen diere, geboue of lewens verloor het nie en daarvoor gee ons die Here al die eer.”

Volgens Stilbaai-inwoners was daar geen brande in 45 jaar nie, daarom het dit hulle onkant gevang en die wind wat sterk gewaai het, het die vure vererger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button