Local newsNews

Bethaltak leer oor die belangrikheid van die VLU

“Om tyd te maak vir die VLU, maak ’n vrou eintlik tyd vir haarself.

BETHAL – Lede van die Bethal Vroue Landbou-Unie (VLU) het hul eerste vergadering vir vanjaar gehou waartydens die ere-president van die Suid-Afrikaanse VLU, me. Magdie de Kock, die spreker was.

Sy het as jong getroude vrou op ’n plaas gewoon, maar het behoefte gehad aan geselskap en het besluit die VLU is die plek waar sy haar talente kon uitleef.

“Daar is soveel studierigtings in die organisasie, ’n vrou kan kies waarin sy haarself wil uitleef,” het me. De Kock genoem.

Dit is waarom die VLU bekendstaan as die universiteit van die huisvrou en al die lede en take sorteer onder die Wêreldbond van Plattelandse Vroue.

“Elke vrou het ’n voet om op te staan in die wêreld en maak vir ons en ander mense deure oop,” het me. De Kock gesê.

Sy het ook genoem dat die VLU daar is vir gewone vroue en ’n ware tuiste vir vrywilligers is in wie se lewe dit ’n verskil maak.

“Om tyd te maak vir die VLU, maak ’n vrou eintlik tyd vir haarself.

“Maak VLU jou eie, doen dinge soos jy dit graag wil doen, want dit waarna ’n vrou soek, sal sy by die VLU kry,” het me. De Kock verduidelik.

Sy het beklemtoon dat vroue van Suid-Afrika besig is om aan ’n ryk geskiedenis te bou.

Op die tafel van die voorsitter staan ’n spaarvarkie waarin lede ’n vrywillige bydrae maak vir die Wêreldbond van Plattelandse Vroue wat vroue en gemeenskappe wêreldwyd verbind en ondersteun.

Dit is ’n wêreldwye projek vir befondsing van die Pennies for Friendship.

Bethal VLU se volgende vergadering is op 21 Februarie.

Vir meer inligting, skakel me. Wilna Redelinghuis by 082 457 1966.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button