Local newsNews

Lisa mik sekuur

Sy is verlede jaar in die Brutal Fruit Sunbirds Netbaloefengroep opgeneem

Sunbirds-proewe wink vir ’n Standerton-netbalspeler.

Dié doelspeler se vlugvoetige bewegings en akkurate oog is ’n kombinasie waarmee daar op die netbalbaan rekening gehou moet word.

Me. Lisa van der Linde het verlede jaar vir haarself in die 0/21 Mpumalanga Netbalspan’n plek oopgespeel.

Me. Van der Linde was ’n Oktober-baba gebore uit die huwelik tussen mnr. Hennie en me. Louise van der Linde.

Haar ouers is sleutelfigure in haar lewe en van haar broer praat sy met lof.

Me. Lisa van der Linde is lid van die Mpumalanga-netbalspan as hoofdoel.
Me. Lisa van der Linde is lid van die Mpumalanga-netbalspan as hoofdoel.

Sy het gesê sy het by haar broer geleer om opreg dankbaar vir alles in die lewe te wees.

Haar laerskoolloopbaan het sy by Laerskool Kalie de Haas voltooi waar sy ook haar provinsiale kleure in skyfwerp verwerf het.

Sy het deurgaans aan atletiek deelgeneem en ook provinsiaal netbal gespeel.

Lees meer oor Lisa in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button