Local newsNews

Mike Parson laat groot leemte op Bethal

Mike was ’n bekende Suid-Afrikaanse skilder wat ook internasionaal bekend was.

BETHAL – Mnr. Michael John Parsons (75), of Mike soos wat almal hom sal onthou, is op 31 Januarie in Mbombela dood weens natuurlike oorsake.

Hy was ’n bekende Suid-Afrikaanse skilder wat ook internasionaal bekend was.

Hy laat sy vrou Lettie, seun Neil, drie kleinkinders en een agterkleinkind na.

Mnr. Parsons is in 1941 in Devon, Engeland gebore.

Hy het van jongs af daarvan gehou om te skets en sy talent was opvallend.

Hy het in 1969 ’n kommersiële vlieënier geword en het van 1974 tot 1999 op Bethal besproeiing vir boere gedoen.

Hoewel hy kon skets, het hy meestal olieverf op doek as medium gebruik.

Hy het dié skilderye al in 1991 begin verf en kuns tot en met sy dood as beroep beoefen.

Mnr. Parson se werk is in groot gallerye in Johannesburg uitgestal en van sy werk is ook uitgevoer.

Hy was een van die mees gerespekteerde kunstenaars in die land en het nooit geskroom om sy talent met ander kunstenaars te deel nie.

Sy Facebookblad is oorval met huldeblyke van internasionale en Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hom geprys het vir sy nederigheid en bereidwilligheid om sy kennis met ander kunstenaars te deel.

Van die kommentaar was die volgende:

“Today marks the passing of a giant in South African art.. My dear friend, Mike Parsons, touched so many lives. He meant so much to so many in the art world.” – Ina Milman, bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar.

“Michael was a truly remarkable, talented, warm, caring and compassionate individual. I so wish I could have met him in person. He will be missed.” Jennifer A. McChristian, Los Angeles, ’n wêreldbekende kunstenaar.

Mnr. Parsons is aan die einde van verlede jaar vir die vyfde agtereenvolgende jaar as een van die top 100 kunstenaars op die Art Market Sales-verslag wat deur Citadel uitgereik is, benoem.

Hoewel hy trots op dié prestasie was, het hy net daarna gesteef om ’n nog beter skildery te verf.

Dít was die dryfkrag en doelwit wat hy tot die einde gehad het.

Mnr. Parsons het daarvan gehou om skaak te speel en het gereeld ure aanlyn gespeel.

“My pa het alles wat hy gedoen het, met oorgawe gedoen.

“Dit is hoekom hy nie net as een van die voorste lugbespuiters in die land bekend was nie, maar ook as ’n top kunstenaar.

“Hy was ’n wonderlike mens wat altyd bereid was om ander deur sy kuns te help,” het sy seun gesê.

Mnr. Parsons se roudiens het Vrydag, 10 Februarie vanuit die AGS Kerk Enthiosgemeente op Bethal plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button