Local newsNews

Kyle sterk aan na operasie

Video: Kyle deel ’n glimlag met almal.

Kyle Verfaillie (10), is onlangs met Rasmussens se sindroom ( ’n rare siekte) gediagnoseer en het gister ’n 12 uur lang breinoperasie ondergaan om sy linker lob te verwyder.

Sy pa, Marc het vanoggend laat weet dat alles goed verloop het en dat die grootste uitdaging op die oomblik is om enige infeksie te voorkom.

Kyle het na die operasie nog nie eenkeer ’n aanval gehad nie en dokters het vanoggend sy medikasie wat die aanvalle onderdruk weggeneem om te sien of hy  weer ’n aanval kry.

Hou die webblad dop vir meer inligting oor Kyle se vordering.

 

Lees die week se uitgawe van die Hoëvelder vir Kyle se storie sovêr.

 

Video: Marc het vanoggend ’n video gestuur waar Kyle daarin slaag om ’n glimlag vir almal te stuur.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button