Met die Eskom-ultimatum vars in die geheue het verskeie sakelui en inwoners die Lekwa Munisipaliteit se optrede met betrekking tot afsny van elektrisiteit bevraagteken.
Tozandré Gastehuis in Kieserstraat se elektrisiteit is op Sondag, 5 Februarie om 7.50vm afgesny met nagenoeg 10 kamers wat gaste gehuisves het en net voor ontbyt bedien sou word.
Mnr. André van Jaarsveld het na die munisipale kantore gehaas en ses werknemers aangetref wat sy navraag moes beantwoord.
Die vraag wat onwillekeurig ontstaan is of dié munisipale amptenare oortyd betaal word, sowel as die kontrakteurs wat na spesifieke adresse toe gaan.
Mnr. Van Jaarsveld se rekening se adres kan verwarring laat ontstaan en ’n ander verbruiker is klaarblyklik die sondebok.
Die krag is eers na 10vm aangesit.
“Word ondernemings geteiken?” het hy gevra.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



