Local newsNews

Bethaller pak herstelwerk self aan

Kobus soek hulp met herstelwerk se koste.

BETHAL – ’n Bethaller is die afgelope drie Sondae besig om slaggate in die Bokkestrate op eie koste te herstel.

Mnr. Kobus Naudé is moeg vir die verval van Bethal se strate en het gesê dit is onaangenaam om op Bethal rond te ry, en boonop word skade aan voertuie gerig.

Hy het drie Sondae gelede begin om herstelwerk aan Buffelstraat te doen en beplan om ook die ander Bokkestrate reg te maak.

Mnr. Naudé gebruik die materiaal wat in die slaggate is (klippe en sand), maar koop weekliks sement om konkreet aan te maak waarmee hy die slaggate herstel.

Dit alles doen hy op eie koste.

Die sement kos hom R130 elke Sondag.

Sy vier kinders, Jaco (13), Ruan (11), Ruben (10) en Mariaan (7), is sy helpers.

Jaco kon nie Sondag help nie omdat hy besig was om te leer.

Mnr. Naudé wat by Lynco werk, is ’n siviele voorman en hulle doen onder andere betonwerke en stabilisering van paaie.

“Ek sal graag alle paaie op Bethal wil herstel, maar ek kan nie aanhou om alles uit my eie sak te betaal nie.

“Ek het hulp nodig om die koste te dek.”

Mense wat belangstel om mnr. Naudé te help deur middel van sement of ander vorms van hulp, kan hom skakel by 072 815 3871.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button