Local newsNews

Mimmy Masuku sterf, vierjarige dogter in hospitaal opgeneem na ongeluk

Slegs agt ure voor haar dood het sy ’n inskrywing op Facebook geplaas:“Now therefore. There is no condemnation to those in Christ Jesus. Power.”

Die Standerton Advertiser het gister berig oor die botsing in Walter Sisulurylaan waartydens een persoon oorlede is.

Die naam van die oorledene, me. Mimmy Masuku, studente-ondersteuningsbeampte by die Gert Sibande Kollege op Standerton is onlangs aan die Advertiser bekendgemaak.

Na bewering was sy onderweg om haar vierjarige kind by die skool te gaan aflaai toe die ongeluk gebeur het.

Slegs agt ure voor haar dood het sy ’n inskrywing op Facebook geplaas:“Now therefore. There is no condemnation to those in Christ Jesus. Power.”

Wyle me. Mimmy Masuku wat gister in ’n botsing in Walter Sisulurylaan oorlede is. Foto: Facebook

Haar dogtertjie is na Sunshine Privaat Hospitaal in Benoni vervoer.

Volgens mnr. Cecil Joubert, paramedikus by Jeria Ambulansdienste, het sy heup- en pelvisbeserings opgedoen.

Dit blyk dat die persone wat agterop die bakkie was wat ook in dié ongeluk betrokke was, slegs ligte beserings opgedoen het.

Die minibusbestuurder is in die Standerton Hospitaal opgeneem.

Lees die vorige berig hier: JONGSTE NUUS: Botsing in Walter Sisulurylaan eis vrou se lewe

Sien al die foto’s HIER

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button