Skenking help wyk agt belig
Volgens die skenker gebruik dié ligte 'n derde van die krag teenoor die wat tans in gebruik is.

‘n Lid van Ermelo se gemeenskap wat verkies om anoniem te bly, het onlangs 10 LED-straatligte aan Wyk 8, waar me. Julia Bal die raadslid is, geskenk.
Volgens die skenker gebruik dié ligte ‘n derde van die krag teenoor die wat tans in gebruik is.
Die ligte kan die gedurige onder-breking in kragtoevoer weerstaan en het glo ‘n 13-jaar-leeftyd en het geen onderhoud nodig nie.
Die munisipaliteit koop tans hul ligte teen R4 287 elk aan teenoor die LED-ligte wat slegs R2 280 per eenheid kos.
Me. Bal het die ligte in ontvangs geneem en gesê dat sy met die hulp van die gemeenskap hoërisikogebiede in haar wyk wat tans nie verlig is nie, sal identifiseer en die ligte daar laat aanbring.



